Belarus

Republiek Belarus
Рэспубліка Беларусь (Belarussies)
Республика Беларусь (Russies)
Vlag van Belarus Wapen van Belarus
Vlag Wapen
Volkslied: Дзяржаўны гімн Рэспублікі Беларусь
(Transliterasie: Dzjarzjaoeni gimn Respoebliki Belaroes)
Государственный гимн Республики Беларусь
(Transliterasie: Gosoedarstvennyy gimn Respoebliki Belaroes)
(Belarussies vir: "Staatsvolkslied van die Republiek Belarus")
Ligging van Belarus
Hoofstad Minsk

53°55′N 27°33′O / 53.917°N 27.550°O / 53.917; 27.550

Grootste stad Minsk
Amptelike tale Belarussies en Russies
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Aleksandr Loekasjenkoa
Roman Golowtsjenko
Onafhanklikheid
Vorming
Kiëf-Roes
• Prinsdom Polotsk
• Groothertogdom Litaue
Pools-Litause Gemenebes
Russiese Ryk
• Demokratiese Republiek Belarus
• SSR Belarus
• Litauies-Wit-Russiese SSR
Wit-Russiese SSR
• Verklaring van Soewereiniteit
• Onafhanklikheid verklaar
• Republiek Belarus
• Onafhanklikheid erken
• Huidige grondwet


882
987
ca. 1236
1 Julie 1596
1795
25 Maart 1918
1 Januarie 1919
17 Februarie 1919
31 Julie 1920
27 Julie 1990
25 Augustus 1991
19 September 1991
26 Desember 1991
15 Maart 1994
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
207 600[1] km2  (86ste)
80 155 myl2
1,093
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2019-sensus
 - Digtheid
 
9 501 451[1] (97ste)
9 413 446
45,8 / km2 (142ste)
118,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$234,661 miljard[2] (73ste)
$25 685[2] (71ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$69,048 miljard[2] (74ste)
$7 558[2] (82ste)

MOI (2022) 0,801[3] (69ste)  –  hoog
Gini (2020) 24,4[4] –  laag
Geldeenheid Roebel (BYR)
Tydsone
 - Somertyd
VOT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .by en .бел[5]
Skakelkode +375
a. wetlikheid betwis[6][7][8]

Belarus (Belarussies: Беларусь, Belaroes, [bʲɛlaˈrusʲ], ; Russies: Беларусь, [bʲɪlɐˈrusʲ], ), amptelik die Republiek Belarus (Belarussies: Рэспубліка Беларусь, Respoeblika Belaroes, [rɛsˈpublʲika bʲɛlaˈrusʲ]; Russies: Республика Беларусь, Respoeblika Belaroes, [rʲɪsˈpublʲɪkə bʲɪlɐˈrusʲ]) en voorheen bekend as Wit-Rusland, is 'n landingeslote land in Oos-Europa. Dit is oorwegend plat, met baie vleilande, en is landgebonde met Rusland in die noorde en ooste, Oekraïne in die suide, Pole in die weste en Letland en Litaue in die noorde. Minsk is die hoofstad en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en landbou is een van die sterkste ekonomiese sektore.[9]

Nasa-Satellietbeeld van Belarus
Kaart van Belarus

Tot en met die 20ste eeu het die Belarusse nie 'n geleentheid gehad om 'n aparte nasionale identiteit te ontwikkel nie, siende dat die land van die hedendaagse Belarus aan verskeie ander lande behoort het. Ná die kortstondige Wit-Russiese Volksrepubliek (1918–19) het die land as die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel van die Sowjetunie geword.

Die finale vereniging van die verskillende dele van die land met sy moderne grense het in 1939 plaasgevind, toe grondgebied van etniese Belarusse, wat deel van Pole was, deur die Sowjetunie geannekseer en by die Wit-Russiese Sowjetrepubliek gevoeg is. Die gebied en sy nasie het grootskaalse verwoesting ervaar tydens die Tweede Wêreldoorlog: die land het 'n kwart van sy bevolking verloor en meer as die helfte van sy ekonomiese hulpbronne.

Die land het in die jare ná die oorlog stelselmatig herstel en is een van die stigterslede van die Verenigde Nasies. Die parlement van die republiek het die soewereiniteit van Wit-Rusland op 27 Julie 1990 verklaar en, ná die ontbinding van die Sowjetunie, is Wit-Rusland op 25 Augustus 1991 onafhanklik verklaar. Aleksandr Loekasjenko is sedert 1994 die land se president. Belarus is sedert 1996 besig om met Rusland te onderhandel om as 'n enkele staat, die Unie van Rusland en Belarus, te verenig.

Die grootste deel van Belarus se 9,5 miljoen inwoners woon in die stedelike gebiede om Minsk en ander streekshoofstede. Die land het twee amptelike tale: Belarussies en Russies. Die land erken nie 'n staatsgeloof nie, alhoewel die Russies-Ortodokse geloof die primêre geloof in Belarus is.

  1. 1,0 1,1 (en) "Belarus". Central Intelligence Agency. Besoek op 21 Julie 2024.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Belarus". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 21 Julie 2024.
  3. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 21 Julie 2024.
  4. (en) "Gini Index – Belarus". Wêreldbank. Besoek op 21 Julie 2024.
  5. (be) "ICANN сообщает о выделении кириллического домена .БЕЛ для Республики Беларусь". hoster.by. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 6 November 2018.
  6. (en) "EU rejects Lukashenko inauguration as illegitimate". Deutsche Welle. 24 September 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2020. Besoek op 7 Desember 2020.
  7. (en) "El Pais interview with HR/VP Borrell: "Lukashenko is like Maduro. We do not recognize him but we must deal with him"". eeas.europa.eu. 24 Augustus 2020.
  8. (en) Dave Lawler (24 September 2020). "U.S. no longer recognizes Lukashenko as legitimate president of Belarus". Axios. Besoek op 21 Julie 2024.
  9. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search